Molnija

Molnija 1

Molnija (Russies: Молния; Weerlig) was ’n stelsel van militêre kommunikasiesatelliete wat deur die Sowjetunie gebruik is. Die satelliete is in hoogs eksentriese elliptiese wentelbane bekend as Molnija-wentelbane geplaas.

Die Sowjet-regering het in die laat 1960's magtiging vir die Molnija-program gegee. Ná ’n paar mislukkings in 1964 is die eerste operasionele satelliet, Molnija 1-01, op 23 April 1965 suksesvol gelanseer.

Sedert Oktober 1967 word Molnija-satelliete deur Rusland vir beeldsendings van sy nasionale Orbita-televisienetwerk gebruik.


Developed by StudentB